Tuinslakkies

Kleuterskool

Die Tuinslakkie Kleuterskool is ‘n dinamiese inrigting wat 100% volgens Departementele standaarde en riglyne presteer en funksioneer. Die daaglikse program strek van 07:30 tot 12:40. Kleuters word persoonlik deur ‘n personeellid by die klas ontvang vanaf 06:30. Die dag word begin met Godsdiensonderrig.

Elke dag bestaan uit skeppende aktiwiteite, georganiseerde vryspel binne en buite, verhale, musiek en beweging en ontwikkelingspele. Die kleuterskool bestaan uit 2 graad R klasse.

Die klasse het ongeveer 25 kleuters wat dit ideal maak vir elke kind om ten volle te ontwikkel en al die ondersteuning te ontvang om “groot skool” toe te kan gaan.

Tuinrand Tuinslakkies

‘n Sinvolle leerderondersteuningsprogram word deurgaans aangebied.
Die Tuinslakkies het hul eie t-hempie waarmee elke kleuter hom/haarself kan identifiseer en wat gedra word na spesiale skool-aangeleenthede.
By die skool streef ons daarna om ‘n veilige, rustige atmosfeer vir die kleuters te skep. Die speelterrein is goed beplan en netjies en help die kleuters om ten volle te ontwikkel.

Goeie toesig sorg dat die kleuters rustig kan ontspan en baljaar tydens speeltyd.
In die klasse is ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige speelgoed wat gereeld aangevul word en bydra tot die ontwikkeling van die kleuters.

Die Tuinslakkies spog met ‘n kalender wat die hele jaar se gebeure en geleenthede aandui. Die kalender is ons trots, dis baie volledig en doelgerig. By die skool word weekliks verskillende aktiwiteite aangebied waar kleuters nuwe vaardighede aanleer.

Die aktiwiteite is:
Playball
Dans
Ballet
Monkeynastics
Computer on Wheels asook
Eksperiland
* Tariewe vir buitemuurse aktiwiteite is nie by die skoolgeld ingesluit nie.

tuinslakkies

Gedurende die jaar vind verskillende aktiwiteite plaas waarby ouers, kleuters en personeel betrokke is. Oupa en oumadag, kleuteratletiek, waterkaskenades, liedjiefees, tuinslakkie olimpiade en ook uitstappies. Die hoogtepunt van die jaar is die gradeplegtigheid waar elke kleuter beloon word vir sy/haar harde werk deur die jaar.
Tuinslakkie Naskool:

Tuinslakkies, met die pragtige leuse, “Kom volg ons blink spoor”, is die ideale skool vir elke kleuter.
Kontak ons gerus by (012) 379-2110/9

13 Oktober – TV opname vir KinderZone wat op KykNet uitgesaai word.
21 November – Uitsending van Kleuterzone.