Mandjie-Netbal

Laerskool Tuinrand is aktief betrokke by die ontwikkeling van ons kinders se vaardighede op die sportvelde.
‘n Baie besondere sport waar veral baie ouerbetrokkenheid is, is die Madeliefie of Mini netbal.

Die Mini Netbal vir dogters 0/7 en 0/8 is vroeg bedrywig in die jaar. Die seisoen begin met afrigtingskursusse vir afrigters en spelertjies.
Gedurende die sessies word die dogtertjies touwys gemaak in o.a. balvaardighede en basiese beginsels van netbal.

Wedstryde word teen ander skole gespeel. Tydens wedstryde word die dogters gehelp om hulle vaardighede en ook die reëls van die spel te verstaan en te verbeter.
Die belangrikste konsep van die spel op dié vlak is, dat dit nie gaan om wen of verloor nie, maar oor die liefde vir die spel.