Krieket

Krieket vorm ‘n integrale deel van Laerskool Tuinrand se sport. Die sportsoort word tans op skoolvlak deur seuns gespeel tussen die ouderdomme 0/9 en 0/13. Daar is ook KFC-Krieket wat deur ouers georganiseer en gehanteer word.

Hierdie aktiwiteit word deur seuns en dogters gespeel tussen die ouderdomme 0/6 en 0/8. Daar is jaarliks groot belangstelling daarvoor en die spelers presteer uitstekend.

Al die krieketspanne van die skool word afgerig deur goed gekwalifiseerde onderwysers wat jaarliks uitstekende uitslae oplewer.

Die spanne speel ligawedstryde wat dan in ‘n uitklopbasis eindig. In 2017 behoort Laerskool Tuinrand weer ware kompeteerders te wees met uitsonderlike prestasies.

cricket

Krieketoefening:

Dinsdae Donderdae Wedstrydtye
O/9 en O/10 – 14:00 tot 15:00 O/11 en O/13 – 14:00 tot 15:00 14:00 tot 17:30 (afhangende van wedstryd se tydsduur)

KFC Mini-Krieket 2017:

Krieketontwikkeling, wat bestuur word deur die Titans Krieketunie en geborg word deur KFC is by Laerskool Tuinrand in volle swang.
Spelers word vanaf ses jarige ouderdom bestuur en afgerig in spanverband en wedstryde word deur die Mini-krieketseisoen teen skole in die breë Pretoria gespeel.

Hierdie sportsoort word georganiseer deur ‘n skoolorganiseerder wat bygestaan word deur ‘n bekwame ouerbestuur. Tuinrand ouers is aktief betrokke by afrigting van ons 0/6, 0/7, 0/8 en Senior meisies spanne. Spanne word op ‘n baie hoë standaard afgerig en voorberei vir wedstryde en uitstekende spel word gelewer.

Ons senior meisiesspan het veral hoogstaande spel gelewer en is as 2014 ligawenners aangewys deur die Titans Krieket Unie. Daarvoor is hulle beloon met ‘n pragtige trofee en sertifikaat van die Krieket Unie.