Padpatrollie

Laerskool Tuinrand se leerders maak in weeksdae, soggens en in die middae gebruik van twee voetoorgange rondom ons skool wat getrou en onbaatsugtig beman word deut 2 spanne van ons padpatrollie lede.

Hierdie padpatrolliespanne bestaan hoofsaaklik uit graad 6 leerders wat deeglik opgelei word deur die Tswane Metro-Polisie en ‘n opleidingsprogram wat deur die skoolorganiseerder aangebied word.

Netjiese werkbare toerusting word jaarliks deur die Tswane Metro-Polisie voorsien en die hoë gehalte diens wat ons lede lewer is in 2013 beloon deurdat Tuinrand padpatrollie een van 4 skole in Pretoria was wat die Pritt-prys gewen het.

Aan die einde van elke diensjaar word lojale padpatrollielede beloon met ‘n dienssertifikaat en ‘n spesiale helde medaljé.

Tuinrand Padpatrollie