Spreekkoor

Die spreekkoor het vanjaar ‘n A++ ontvang vir hul gedig “Skottelgoed” en het ook so die trofee vir beste groepwerk beower. Voorwaar ‘n mooi prestasie.

Die groep was ook gelukkig om gekeur te word vir die Tshwane Jeug Fees wat in die Staatsteater plaasvind. Hulle het ‘n skitter optrede gehad.