Revue

Die revue neem 21 September 2017 in Carnival City deel aan ‘n landswye revue kompetisie wat op Nasionale TV uitgesaai word.

Die revue-groep bestaan uit 50 leerders uit die Intersenfase ( Gr. 4 – 7 ). Daar het meer as 130 leerders aan die oudisies deelgeneem, waarna die groep gefinaliseer is.
Die afrigters is:

Me S van der Westhuizen – Koördineerder
Me A Swanepoel, Me T Laas – Kostuums en rekwisiete
Me D Willers – Finansies

Die groep werk bitter hard en handhaaf ‘n baie hoë standaard. ‘n Kultuur van dissipline, deursettingsvermoë, harde werk en hope pret word gekweek.

Uitslae 2017:

Eisteddfod: A++ Kategorie Wenners.

Ontvang trofee vir beste groepwerk.

Neem deel aan Thswane Youth Art Festival in Staatsteater.

Tree saam met Joe Foster op.

Neem deel aan Kaleidoskoop kamp.