Motorprojek

Motorprojek Nuus: 2017

Laerskool Tuinrand het in 2005 begin met ‘n fondsinsamelingsprojek, waarin ‘n Toyota Tazz uitgeloot is. Die kompetisie het vinnig gegroei! Die leerders verkoop ‘n lootjie vir slegs R10, en iemand stap uiteindelik weg met ‘n splinternuwe Toyota Etios.

Laerskool Tuinrand verskaf die Toyota Etios, geborg deur McCarthy Toyota Lynnwood. Indien u sou belangstel om deel te neem, skakel gerus die skool of kontak me L. Kritzinger by (012) 379 – 2110/9.

Pryse:

Die leerders wat meeste boekies verkoop staan in lyn vir die volgende pryse:
1ste plek: R 800
2de plek: R 400
3de plek: R 100

2017 Wenner:

Baie geluk aan Me. Charmaine du Preez wat haar kaartjie by Katjiepiering Kleuterskool gekoop het.
Sy het weggery met ‘n splinternuwe Toyota Etios.