Graad 2

[su_row]
[su_column size=”1/2″]

Graad 2 Onderwyseresse:
Me M Wampach Gr 2 W – Graadvoog
Delport Gr 2 D
Me T Laas Gr 2 T

In Graad 2 gee ons vir elke kind geleentheid om op al die vlakke deel te neem en te ontwikkel:
Akademie, Kultuur en Sport.

Ons gee ook kinders geleentheid om vir die Conquesta in te skryf.
[/su_column]
[su_column size=”1/2″] schooling_2 [/su_column]
[/su_row]
Ons neem ook jaarliks aan ‘n Spelling en Wiskunde Olimpiade deel, waar Graad 2 meestal as die wenners uit die stryd tree. Op Sport gebied neem ons die voortou met atletiek en hardloop ons dat die stof staan.

Die kinders word ook geleer om aflos te hardloop.
Hulle kry geleentheid om Bulletjie Rugby, Mini Netbal en Mini Krieket te speel.
Die Graad 2 Bulletjies speel voorwedstryde op Loftus.

Die Kulturele gebied staan ook glad nie terug nie. Ons neem deel aan Eisteddfod, Kuns, Solosang, Voordrag, Skoolkoor en ook Redenaars.
Ons streef daarna om elke leerder in totaliteit te ontwikkel en ons toe te laat dat kinders, nog kinders is.